Die vrou en seun buite die Atlantis-polisiekantoor om ’n klagte aan te meld. Hulle is deur Peter Stoffberg, gemeenskapsaktivis, ondersteun.Foto: Murphy Roberts


Die ma van ’n graad 2– leerder aan ’n plaaslike laerskool is woedend omdat haar kind reeds twee keer seksuele voorstelle moes aanluister van ouer seuns by die skool terwyl anderpad gekyk word.

Volgens die ma, wat nou keelvol is en ’n strafregtelike klagte by die polisie aangemeld het, maak dit haar siek net om te dink waardeur haar kind moes gaan.

“My kind wil nie meer skool toe gaan nie omdat sy juffrou elke keer sê hy kla te veel,” vertel die omgekrapte ma. Volgens die ma is haar kind by die huis en kry sy nie juis baie ondersteuning van die skool af nie.

Die ma vertel die eerste voorval het reeds in Mei vanjaar gebeur toe ’n graad 7-seun glo gesê het hy wil sy private geslagsdeel in haar kind se mond sit. “Wat dit soveel moeiliker maak, is dat die seun my kind teen die grond gedruk het [in ’n poging] om die daad by woord te voeg,” vertel sy terwyl die trane vlak in haar oë sit.

“Ek het die voorval dadelik by die skool aangemeld, en al wat hulle sê, is die voorval sal ondersoek word. Ek het weer teruggegaan om te hoor hoe ver die saak is toe my kind sê nog ’n seun het gesê hy het ’n lekker agterent en wil graag sy private deel daarin druk. My kind is net agt jaar oud en moes reeds deur meer trauma as ’n volwassene gaan,” vertel sy emosioneel. Hy wil nie meer met die juffrou praat nie en het huilend by die huis kom vertel wat gebeur het, vertel sy.

Volgens ’n polisiebron gaan daar “baie snaakse goed by dié skool aan” en verklap dat ’n kollega se kind ook ’n slagoffer was. Die bron beweer dat die skool in dié geval ook anderkant toe gekyk het terwyl talle ouers al by die polisie kom kla het oor wat by die skool gebeur. Volgens die ma van die graad 2-seuntjie is sy moedeloos en het besluit om hom eerder by die huis te hou totdat die voorval deeglik ondersoek is en teen dié wat sulke gedrag goedkeur, opgetree word.

Volgens Munro sal ’n voorlopige ondersoek na die voorval gehou word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article