Die leerders het “Jy is spesiaal” by ’n gedenkdiens vir die ontslape onderwyser Alexander Solomons (51, inlas) gesing.

Onderwyser sterf in sy slaap

Die leerders het “Jy is spesiaal” by ’n gedenkdiens vir die ontslape onderwyser Alexander Solomons (51, inlas) gesing.


Parkview Primêre skool is Maandag 8 April in rou gedompel met die skielike heengaan van een van hul geliefde onderwysers, Alexander Christian Solomons (51).

Solomons, beter bekend as Sollie, was vir meer as ’n dekade lank onderwyser by dié skool. Volgens sy kollegas het hy in sy slaap gesterf.

By ’n gedenkdiens by die skool Woensdag 10 April was onderwysers en leerders verslae en het in ongeloof na sy foto gestaar terwyl huldeblyke van oral ingestroom het.

Die graad 7-leerders, vir wie hy sosiale wetenskap, natuurwetenskap, lewensoriëntering en Engels gegee het, het ’n lied “Jy is spesiaal” gesing. Hy sal altyd onthou word vir sy glimlag en sy passie om sy leerders te laat presteer.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article