Saxonsea Primêr se o.12- en o.13-netbalspelers het hierdie jaar weer eens bewys dat hulle onder die beste laerskole in die land presteer het.
Saxonsea was een van net twee skole wat die Wes-Kaap by die Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SASN) se topkampioen-skoletoernooi in Randburg, Gauteng, van 11-13 Julie verteenwoordig het.
Saxonsea het eers hul ligawedstryde in hul kring voltooi, en daarna moes hulle in uitkloprondes teen Metropool-Noord se laerskole speel, gevolg deur Interdistrikte se netbalspanne, om vir die toernooi te kwalifiseer.
Die twee beste skole van die Wes-Kaap, waarvan Saxonsea Primêr deel was, het ook die Wes-Kaapse skole in die Ubunto-groep verteenwoordig. Laasgenoemde het die eerste plek in die Wes-Kaap behaal.
Die o.12-netbalspan van Saxonsea Primêr het die derde posisie onder die Ubuntospan in die land behaal.
Elke speelster, afrigter en bestuurder het ’n bronsmedalje ontvang.
Die o.13-netbalspan het sewende geëindig onder die Ubuntospan in die land.


