Wesfleur Primêr en Kerria Primêr was van die eerste skole wat mekaar gepak het tydens Atlantis-rugbyklub se nuwe ontwikkelingsprogram.Foto: Verskaf

Rugby moet sy plek inneem

Wesfleur Primêr en Kerria Primêr was van die eerste skole wat mekaar gepak het tydens Atlantis-rugbyklub se nuwe ontwikkelingsprogram.Foto: Verskaf


Atlantis se rugbyklub het Saterdag 18 Mei sy nuwe ontwikkelings-program bekend gestel.

Volgens Anthea Jansen, spanbestuurder van die klub, sal ’n skolerugbywedstryd voortaan elke tweede Saterdag plaasvind.

Jansen sê die program sal afgewissel word tussen plaaslike laer- en hoërskole.

Sy sê die doel van die ontwikkelingsprogram is sodat rugby as sport weer sy “regmatige plek in Atlantis” inneem.

Die klub beoog om vir Jeugdag ’n toernooi op die Proteapark-sportterrein aan te bied, sê Jansen.

Agt laerskole en die vier hoërskole sal dié dag in aksie te sien wees..

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026
    WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026

Gift this article