Goeie speurwerk het ’n rower vir baie jare agter tralies laat beland.
Die rower is onlangs in die Atlantis-hof tot 25 jaar tronk toe gestuur vir huisbraak en roof met verswarende omstandighede.
Volgens kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het die rower op 9 Augustus 2021 by ’n huis in Sherwoodpark ingebreek. Die misdadiger het die eienaar eers gedreig en is met ’n skootrekenaar, selfoon en geld vort. Sebastian Jacobs van Robinvale is 10 jaar tronkstraf weens huisbraak opgelê en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.
Volgens Munro het die ondersoekbeampte, sers. Donovan Christian, baie tyd bestee om die skuldige vas te trek.
Die bevelvoerder van die Atlantis-speurtak, lt.kol. Theresa Reeves, sê sy is trots op Jacobs wat die verdagte aangekeer het asook met die goeie vonnis wat opgelê is. . Die plaaslike polisie vra die gemeenskap om meer inligting te gee oor die moord op ’n 32-jarige man. Die oorledene is Sondag 17 September op die hoek van Valleyfield- en Sacrementostraat verskeie kere gesteek en met ’n voorwerp teen die kop gegooi. Die slagoffers is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede. Volgens Munro is nege verdagtes aangekeer, maar die polisie is op soek na nog inligting oor die voorval. Enigiemand wat die polisie dalk kan help, kan sers. Allo Hendricks by 082 469 7017 of 08600 10111 bel.. Lede van die plaaslike reaksie-eenheid het Woensdag 27 September op inligting van die publiek reageer dat ’n verdagte in Saxonsea met ’n vermoedelik onwettige vuurwapen staan. Volgens Munro het die eenheid vinnig reageer en wel ’n vuurwapen by die man gekry. Die 24-jarige man is aangekeer. . Lede van die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid het die naweek van 7 tot 9 Oktober verskeie ongelisensieerde vuurwapens gevind. Volgens Munro is die vuurwapens in Sterrechantsstraat, Valley Fieldstraat en Heathfield Court gevind en verdagtes tussen die ouderdom van 15 en 29 jaar is aangekeer.


