Die Melkbos-Rotariërklub het onlangs vier skoolkinders van Mamre met nuwe skoolklere verras. Foto: David Rossouw


Die Melkbos-Rotariërklub het onlangs skoolklere aan drie broers by Mamre Primêr en Saxonsea Sekondêr geskenk.

’n Vierde kind, wat volgende jaar die eerste keer skool toe sal gaan, het ook reeds sy skoolklere ontvang.

Rotariërs werk wêreldwyd saam met verskillende organisasies om vrede te bevorder, siektes te bestry, skoon water, sanitasie en higiëne te voorsien, moeders en kinders te red, onderwys te ondersteun, plaaslike ekonomiese groei te bevorder en die omgewing te help beskerm.

Rotary Internasionaal se missie is om te dien en integriteit en wêreldwye begrip, welwillendheid en vrede deur sake-, professionele en gemeenskapsleiers te bevorder.

Die organisasie se visie is om mense te verenig, aksie te neem en langdurige veranderinge in die wêreld in gemeenskappe en onder hulself te maak.

Rotariërs van Melkbos beywer hulle die afgelope 20 jaar om steun in die gemeenskappe van Melkbos, Atlantis, Mamre, Pella, Vaatjie, Philadelphia en omliggende plase in die gebied te bied.

Die klub het vier jaar gelede met die ontstaan van ’n tak in Atlantis die goeie werk in hul gemeenskap verder uitgebrei.

Deborah Adams, ’n pensioentrekker wat haar oor die kinders ontferm, sê dit bied gewis verligting weens die hoë koste van skoolklere.

Sy het die Rotariërklub van Melkbos vir hul goedhartige skenking bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article