Sers. Desmond Macay, kapt. Benice Hendricks, die “roomys-man”, sers. Anthea Waldeck en sers. Luvuyo Goya van Milnerton FCS se vinnige optrede het verhoed dat nog ’n onskuldige vrou ook ’n slagoffer word.Foto: Verskaf


Die man van Mitchells Plain, wat roomys in die winter verkoop en glo sy assistent se drankies dokter, het weer gister (Maandag) in die hof verskyn op aanklagte van verkragting.

Die roomys-man word ook van dwarsboming van die gereg en korrupsie aangekla nadat hy glo die ondersoekbeampte geld wou gee om hom te laat gaan.

Die man, wat vermoedelik jong vroue werk as sy assistent in verskillende gebiede aangebied het, is deur Milnerton FCS in Atlantis aangekeer ná klagtes van verkragting.

Dit kan dalk ’n miernes oopkrap, het Weskus Nuus se bron verklap.

Volgens ’n slagoffer (24) van Atlantis het die uitgelate man haar werk aangebied vir die dag en sy het dit aanvaar.

“Die verkope was maar traag omdat dit steeds koud is, maar die geldjie was welkom,” vertel sy.

Die onwetende slagoffer vertel dat die roomys-man haar ná ’n uur van rondry ’n drankieaangebied het.

“Die drankie was deel van ’n plan, maar ek onthou die drankie was net half gedrink, toe raak alles blank,” onthou sy.

“Ek het later in Pella se bos bygekom – byna heeltemal kaal – en die roomys-man wat besig is om hom skoon te maak.

“Toe ek hom vra wat hy aan my gedoen het, het hy ’n R100-noot in my hand gedruk en gesê ‘ons is klaar’, waarna hy my gaan aflaai het,” het die slagoffer vertel oor haar dag met die verdagte.

Die roomys-man was teen druktyd nog in die hof.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article