Sers. Desmond Macay, kapt. Benice Hendricks, die “roomysman”, sers. Anthea Waldeck en sers. Luvuyo Goya van die Milnerton FCS Unit) se vinnige optrede het verhoed dat nog ’n onskuldige vrou ’n slagoffer word.


“Hy is nie ’n monster nie en moenie soos een behandel word nie.”

Dit was die woorde van adv. SA Harmse aan die hof tydens die borgtogaansoek van die “roomysman” verlede week.

Volgens Harmse verskyn sy kliënt net op een aanklag van verkragting. Die advokaat het die plaaslike polisie beskuldig dat hulle klagtes “uit hul duim suig”.

Dié man van Mitchell’s Plain is Vrydag 22 Julie in Atlantis aangekeer nadat hy vermoedelik werk aan ’n jong vrou van Witsand aangebied het. Sy beweer sy en die man het roomyse verkoop toe hy haar ’n drankie, wat glo gedokter was, aangebied het, waarna sy na bewering verkrag is.

Die verdagte hou egter voet by stuk dit was gemeenskaplike seks en het hy niks verkeerd gedoen nie.

Sers. Luvuyo Goya, die ondersoekbeampte, het in die borgtogaansoek getuig dat nog ’n vrou aan wie die 50-jarige verdagte glo werk vir die dag aangebied het en wat saam met hom was toe hy in hegtenis geneem is, was duiselig toe die polisie op die voertuig toeslaan. Sy is hospitaal toe geneem. Die polisie wag nog op die uitslag van toetse.

Die vrou het aan die polisie gesê hy wou haar ’n drankie aanbied, wat sy geweier het omdat sy “gekom het vir werk”.

Volgens sy regsverteenwoordiger werk sy kliënt nie vyf jaar in die gebied nie en daarom dra die petisie van inwoners om borgtog te weier, nie juis krag nie. Hy sê sy kliënt is getroud en verloor besigheid weens die hofsaak.

Die staat het egter teruggekap teen die aantyging dat die man getroud is.

Die beskuldigde sal Donderdag (1 September) sy lot hoor.

Die staat het intussen aanklagte van aanranding, korrupsie, handel en besit van dwelms en besit van gesteelde eiendom by die klagstaat gevoeg.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article