Wessie van der Westhuizen en die raadslid Allister Lightburn op die toneel waar die motor ’n perd getref het en twee mense dood is.Foto: Murphy Roberts


Rondloperdiere op die Silwerstroompad het Sondagaand (19 Mei) die lewe van twee mense geëis.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, was die motor vermoedelik op pad Silwerstroom-strand toe, toe die bestuurder ’n perd tref.

Munro het bevestig dat ’n 19-jarige vrou en driejarige kind nie die botsing oorleef het nie terwyl verskeie passasiers beserings opgedoen het.

Dié pad, wat bekend is vir rondloperdiere, het reeds verskeie lewens geëis.

Volgens Munro is die insittendes na die Wesfleur-hospitaal geneem en word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.

Volgens Allister Lightburn, wyksraadslid vir die gebied en subraad 1-voorsitter, is dit tragies wat gebeur het.

Volgens Lightburn verdwyn die eienaars en almal trek net die skouers op.

Lightburn het egter bevestig dat dringende gesprekke met wetstoepassers gehou sal word om strenger op te tree teen eienaars wat nie hul diere in kampe kan hou nie.

Volgens Lightburn is hy ook bewus dat baie van die eienaars van kleinhoewes sukkel met “tikkoppe” wat omheinings steel, maar weet ook van eienaars wat nie omgee nie en nie hul erwe wil omhein nie. Dit dra by daartoe dat diere vrylik rondloop en soos in hierdie geval die lewe van onskuldiges eis.”

Volgens Wessie van der Westhuizen, die subraad 1-bestuurder, is die plase in private besit. Die voorsitter het ook gal gebraak oor waarskuwingstekens wat gereeld gesteel word en sê meer tekens kan opgerig word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article