Familie en vriende van die vermoorde Charne Viljoen vroeër byeen op die plek waar sy presies ’n jaar gelede vermoor is.Foto: Murphy Roberts


Familie en vriende van Charné Viljoen sal nooit regtig weet waarom hy dit gedoen het nie.

Die verdagte het met sy laaste verskyning en ook vroeër aangedui hy wil ’n pleitooreenkoms met die staat aangaan. Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is die saak op 12 Julie in die Atlantis-streekshof tot vandag (26 Julie) uitgestel vir ’n moontlike pleitooreenkoms en vonnisoplegging.

Charné, toe 21 jaar oud, is vermoor nadat sy haar verhouding van vier jaar met haar seuntjie se pa beëindig het.

Volgens ’n familielid kon die ekskêrel nooit vrede maak met die feit dat sy hom gelos het en met haar lewe aangegaan het nie. Dis glo toe dat hy besluit het om haar te vermoor.

Familielede het vroeër in Mei, op die dag toe sy presies ’n jaar gelede vermoor is, op die toneel ’n gedenkdiens gehou. Die verdagte, wat sedert sy inhegtenisneming in aanhouding is, het nooit aansoek om borgtog gedoen nie.

Volgens Janine Passenz van die Survivors Haven-stigting, wat die familie sedert die voorval ondersteun, is dit hartseer dat die familie nooit sal weet hoekom hy dit gedoen het nie, maar die pleitooreenkoms en vonnis mag dalk berusting bring. Passenz meen die hof moet steeds die swaarste straf moontlik oorweeg vir sy dade.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article