Weskus Nuus en SuperSport Lets Play se algehele wenner is Woensdag 6 November by M & A Events aangewys.

Met nege finaliste het die beoorde­laars ’n moeilike taak op hande gehad omdat al die finaliste wenners is. Quewin Botha (13) van Parkview Primêr is as die algehele wenner aangewys en is een van die Wes-Kaapse finaliste wat vir die Hennie Pietersen-trofee sal meeding.

Volgens Eduard Rosenstrauch, SuperSport se mediaskakelbeampte vir die Wes-Kaap, was die keuse van Quewin beslis die regte een. Hy sê voorts dié kranige gholfspeler is beslis besig om in ’n kampioen te ontwikkel en sal in die volgende twee tot drie jaar baie mense verbaas.

Die gasspreker, Peter Bezuidenhout, het die finaliste bemoedig om altyd hul beste te lewer en hulle aangemoedig om nooit op te hou om in hulself te glo nie.

Bezuidenhout sê dit is ’n goeie platform vir sportmanne en -vroue om na vore te tree. Hy het ook die skole in die gebied aangemoedig om sportsterre deur die media bekend te stel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article