Die polisie se provinsiale handelsmisdaadeenheid het Saterdag agt buitelanders en ’n amptenaar van die departement binnelandse sake in Atlantis in hegtenis geneem.

Die verdagtes is aangekeer nadat die polisie inligting ontvang het dat vervalste paspoorte in die plaaslike kantoor uitgereik word.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die dokumente is vir buitelanders bestem.

Die 45-jarige amptenaar van Nyanga en ander verdagtes tussen 24 en 36 is in die Atlantis-kantoor aangekeer en die polisie het op 16 selfone, R10 400 en verskeie dokumente beslag gelê.

Die verdagtes het Maandag in die plaaslike hof op aanklagte van vervalsing, bedrog en korrupsie verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article