Die vakansie is hiér en saam met die staat van nasionale inperking kan die kleinspan rusteloos raak.

Weskus Nuus het van die vakansiepret aangepas en deel ’n paar wenke vir ouers én kinders om besig te bly. . Indien jy bekommerd is die kinders kry nie genoeg oefening met die inperking nie, maak ’n hindernisbaan. Gebruik kussings, speelgoed en ander alledaagse artikels om ’n baan te maak waar die kinders kan hop, hardloop en kruip.. Begin in die kombuis en kry die kinders om te help. In plaas daarvan om gemorskos te eet, laat die kleinspan help om gesonde happies en geregte voor te berei. Bak-en-brou-aktiwiteite moet volgens kinders se ouder­dom aangepas word. Kleiner kinders kan basiese take soos meng, roer en koek­drukkers gebruik. Die internet is vol flink, skeppende en maklike kosidees. . Maak iets skeppend. Gee kinders se hande werk deur kreatiewe projekte aan te pak. Kry kryt, kleurpenne en papier en maak versierings. Vat ou klere en gee hulle nuwe lewe met kleursel. Dis iets wat jy sommer in die agterplaas kan doen. Maklike projekte om aan te pak, is die maak van boekmerke, papier­blomme en juwele met krale. Papiermaché is ook altyd ’n wenner en ’n goeie manier om jou ou Weskusnuus te herwin. Handwerk kan ook as geskenke uitgedeel word. Die projekte sal die kinders se oë weg van die skerms kry.. Skryf briewe vir jou maatjies. In die tyd van inperking is kuiers by vriende en familie nie moontlik nie, maar dit beteken kommunikasie hoef nie te stop nie. Maak kaartjies en skryf briewe vir oupa en ouma of skoolmaatjies. . Hou ’n selfsorg-dag. Goeie higiëne is noodsaaklik om die verspreiding van Covid-19-siekte te bekamp, maar dit be­te­ken nie dit kan nie prettig wees nie. Maak tuisgemaakte badsout met een­voudige bestanddele uit die kombuis soos hawermout, heuning en growwe sout.. As deel van die selfsorg-dag begin met joga of meditasie. Om kalm te bly en oefening te kry, is twee van die moeilik­ste dinge in dié onsekere tye, maar om die gewoonte van joga en meditasie aan te leer, is goed vir die groot- en klein­span. Gelowiges kan hierdie tyd neem om met hul kinders oor hul geloof te praat of om saam te bid.. Met so baie ure by die huis is daar tyd om ’n storie of selfs ’n toneelstuk te skep. ’n Talentkompetisie werk ook goed, maar maak nie saak watter soort opvoering dit is nie, moenie vergeet om kostuums aan te trek nie!. Stof al daardie ou legkaarte en bord­speletjies af. Dit ’n maklike manier vir die hele gesin om ure besig gehou te word. Vorm spanne en kyk wie die beste saam werk – aktiwiteite wat die gesin saam kan doen, is ’n wenner.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article