Die 34-jarige vrou wys die wonde wat haar pa haar toegedien het toe hy haar na bewering probeer verkrag het.


“Dit was nie die eerste keer nie, maar vir seker die laaste.”

Só vertel ’n ma (34) van vyf kinders wie se pa nou in die hof is op aanklagte van poging tot verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Ek en my ma het Saterdag (27 Februarie) by familie in Dura gekuier toe ek vroegaand sê ek gaan eerder huis toe, want my 14-jarige boetie was alleen tuis,” vertel sy.

“Nadat ek seker gemaak het alles is reg het ek maar gaan inkruip,” vertel die vrou. “Ek het later die nag wakker geskrik toe my halfkaal pa met ’n mes in die hand langs my ingekruip het en probeer het om seks met my te hê. Ek het my teengesit en hy het gedreig om my dood te maak as ek nie stil lê nie,” sê sy.

Die vrou het probeer vlug en hulle het gestoei, waarna haar pa haar glo met die mes gesteek het. “Hy het my verskeie kere raakgesteek,” vertel sy emosioneel.

“My pa het my van buite weer die huis in gesleep en wou met alle mag seks hê. Ek het geskel en gesmeek, maar hy wou niks weet nie. Die gestoei het tot die oggend aangegaan en my pa het uiteindelik aangetrek en die hasepad gekies.”

Volgens die verdagte se vrou het haar man ook in 2019 probeer om hul dogter te verkrag. Sy meen hy het nou egter te ver gegaan.

“Ek weet nie hoekom my man dit aan ons oudste wou doen nie, maar hy moet boet vir sy optrede,” vertel sy kwaad.

Volgens Kapt. Lisa Munro, polisiewoordvoerder, is die 59-jarige verdagte Dinsdag 2 Maart aangekeer.

Munro sê klagtes van poging tot verkragting en ernstige aanranding word ondersoek.

Die verdagte het reeds in die hof verskyn en word aangehou.. Die bekende rugbyafrigter van Mamre wat homself onder meer as ’n dokter, fotograaf en lesbiese vrou op sosiale media voorgedoen het om glo vroue te verkrag, is weer deur polisie aangekeer nadat hy sy borgvoorwaardes verbreek het. Hy moet Donderdag 18 Maart weer in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article