Die Game Changers-gemeenskapsontwikkelaars het die nood van die inwoners raakgesien en besluit om iets daaraan te doen.
Dié organisasie is in 2019 deur Melonie Farao, Robin Abels en Eden Adams gestig en saam pak hulle verskeie gemeenskapsprojekte aan.
“Een van ons projekte is ’n voedingskema om mense kos te gee wat met HIV/Vigs en TB lewe sodat hulle iets het om te eet voordat hulle hul medikasie neem,” vertel Farao.
Sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie verskaf die groep ook kospakkies aan behoeftiges en het reeds meer as ’n 100 pakkies uitgedeel.





