Wesley Beneke, die uitvoerende hoof en besturende direkteur van WCB Construction (Edms) Bpk, het die groep behoorlik met sy sakekennis aan sy lippe laat hang.Foto’s: Murphy Roberts


Klein en medium sakeondernemings moet mekaar ondersteun en hande vat, het Usan Jacobs, ’n bekende sakeman en lid van die Mamre-sakekamer, by die span se sakeontbyt gesê.

Volgens Jacobs heers te veel jaloesie onder mekaar, en dit vernietig klein ondernemings. Hy het aan verteenwoordigers van kleinondernemings gesê baie maniere bestaan hoe almal kan saamwerk, en hy het die groep aangemoedig om hul geldsake met banke in orde te kry.

Die gasspreker van die oggend, Wesley Beneke, die uitvoerende hoof en besturende direkteur van WCB Construction (Edms.) Bpk., het die groep behoorlik met sy sakelui aan sy lippe laat hang. Beneke en sy maatskappy, wat die eerste Ases-tender gekry het, het die gaste verbaas met sy storie oor hul oorlewingstryd.

Beneke vertel sy maatskappy het reeds op twee geleenthede alles verloor, maar opgee was nooit ’n opsie nie.

“Ons het telkens net weer opgestaan, die stukkies opgetel en weer probeer.”

Hy het sakelui herinner opgee moet nooit deel van hul plan wees nie.

Volgens dié jeugdige sakeman was dit gewis nie ’n maklike pad vir sy span tot waar hulle vandag is nie. “Ons moes besluit waar ons wil wees, maar die antwoord was baie maklik,” vertel hy.

“Ons het besluit die maklikste uitweg sou wees om vinnig met die leer op te klim, en het op ons gradering gefokus. Sodoende kon ons teen minder kontrakteurs tender, wat dit baie makliker vir ons onderneming gemaak het,” het die energieke sakeman vertel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article