John Wilson van Orion se oë word deur Frederik Jansen tydens Wêreld-sigdag getoets terwyl Danny Pietersen toekyk.Foto: David Rossouw


Wêreldsigdag is Donderdag 8 Oktober by Orion met gratis oogtoetse gevier.

Dié jaarlikse bewusmakingsdag word op die tweede Donderdag van Oktober gehou om wêreldwye aandag op blindheid en siggestremdheid te skep.

Jansen & Vorster-oogkundiges het op die Orion-perseel gratis oogtoetse aan al die personeellede verskaf.

Volgens Frederik Jansen, mede-eienaar van Jansen & Vorster, het sy onderneming oor die laaste paar jaar goeie bande met die plaaslike gemeenskap opgebou en word daar elke jaar ’n plaaslike organisasie vir dié gratis diens geïdentifiseer.

“Ons is baie bevoorreg om gekies te word,” het Hannl Cronjé, uitvoerende hoof van Orion gesê. “Sedert 2006 is daar ’n baie goeie werkver­houding tussen Orion en die oogkundiges.”

Jansen sê hy is tevrede met die toetse wat voltooi is, maar hartseer omdat daar nie aan almal se behoeftes kon voldoen nie omdat die begroting aangepas is weens die Covid-19-pandemie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article