Denise Booysen (61) het ná 40 jaar die onderwys vaarwel toegeroep en gaan nou eers ’n bietjie toer. Foto: Verskaf


Parkview Primêr het ’n geliefde onderwyser, Denise Booysen, Vrydag 6 Augustus ná 40 jaar vir eers gegroet.

Volgens Herman Herklaas, die hoof, het Booysen haar loopbaan as opvoeder by Parkview Primêr in Januarie 1981 as ’n onderwyseres vir Sub B, nou graad 2, begin.

Herman voeg by: “Sy was nie net ’n ongelooflike onderwyser in die klaskamer nie, maar ook in die swembad waar sy talle leerders leer swem en naweke opgeoffer het om saam met ’n groepie leerders na Bloubergstrand te gaan waar hulle opgelei is om menseredders te word.”

Booysen was ook baie bekend vir haar liefde vir volksdanse en haar dansgroepe het al goud en spesiale goud tydens plaaslike kompetisies verower.

Booysen gaan nou ná haar vier dekades as opvoeder eers ’n bietjie toer en daarna beplan sy om ’n suksesvolle entrepreneur te word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article