Met die opheffing van die tydelike verbod op die Covid-19-Ters-fonds kan maatskappye weer aansoek doen vir verligting vir hul onbetaalde werkers by dié fonds.

Werkers van kleiner ondernemings in Atlantis het Weskus Nuus oorval met navrae en bewerings van korrupsie en bedrog. Baie werkers het geen salarisse vanaf die begin van die inperking verdien nie en het self hul verlof ingeboet weens die optrede van base.

Weskus Nuus verneem van dié ondernemings is ook nie by die fonds geregistreer nie en dit het ook veroorsaak dat die werkers nie kon aansoek doen vir die noodverlengings­vergoeding nie.

Die departement van arbeid het intussen nuwe reëls ingestel wat werkers teen gulsige werkgewers beskerm ná ’n verdoemende verslag oor grootskaalse korrupsie en bedrog.

Volgens dié verslag, wat op 30 September deur die departement van arbeid uitgereik is, is daar vir gevangenes en oorledenes geld geëis en volgens die departement word baie maatskappye tans ondersoek.

Volgens die nuwe maatreëls moet werkers binne 72 uur, vandat die geld in die sakerekening verskyn, uitbetaal word en ’n bewys van betaling moet per e-pos of aanlyn op hul stelsel gelaai word.

Werkers se bankbesonderhede moet bevestig word en die onderneming moet ’n bankstaat of bankbeves­tigings­vorm voltooi en op die stelsel laai en geen geld mag afgetrek word nie.

Aansoeke vir Maart, April en Mei het op 25 September gesluit en aansoeke voor dit sal steeds verwerk word, het die departement gesê

Aansoeke vir Junie, Julie en Augustus is nog steeds oop vir werkers wat nie betaal is oor hierdie tydperk nie en nog steeds nie weens die inperking werk nie. Volgens die departement word aansoek binne 72 uur goed- of afgekeur en word geld oorbetaal.

. Navrae oor aansoeke kan by 012 337 1997 of 0800 030 007 gedoen word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article