Lena Skippers, ma van Octavia (22) en Cleo (2), wat vroeër die jaar wreed deur Wilfred Oliphant vermoor is, sê sy is glad nie tevrede met die vonnis wat aan hom opgelê is nie.

“Hy het hulle op ’n wrede manier van my weggeneem en moes lewenslank vir elke moord gekry het.”

Oliphant is verlede week in die Wes-Kaapse hooggeregshof 20 jaar gevangenisstraf opgelê vir die moorde op Octavia en haar baba in Junie. Die twee se lyke is in die beboste dele van Proteapark, naby Witsand gekry. Oliphant het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Hy het in sy skulderkenning, wat aan die hof voorgelees is, gesê hy het die baba gebruik om Octavia mee te slaan en het hul koppe teen mekaar gekap en daarna hulle koppe in die sand begrawe.

“Ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie’, het hy verder gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus – E-Edition 10 February 2026
    WeskusNuus – E-Edition 10 February 2026

Gift this article