Die Atlantis Spesiale Ekonomieseontwikkelingsone Maatskappy (AsezCo) het onlangs aangekondig Matthew Cullinan is amptelike as die maatskappy se nuwe uitvoerende hoof aangestel.

Die AsezCo is toegewy aan die lok en ondersteuning van vervaardiging wat min koolstofvrystel en hulpbrondoeltreffend en sosiaal inklusief is, of anders gestel – groen tegnologie georiënteerd.

Jo-Ann Johnson, die voorsitter van die AsezCo-direksie, sê: “Met die boustene van die Atlantis- spesiale ekonomiese sone en met ’n stewige fondament wat deur die uitvoerende bestuur van die AsezCo gelê is, gee dit my groot plesier om aan te kondig Matthew Cullinan is nou die uitvoerende hoof verantwoordelik vir infrastruktuurontwikkeling vir die AsezCo. Hy is formeel aangestel as die inkomende uitvoerende hoof van die maatskappy.

“Matt bring ’n magdom ervaring en insigte na die maatskappy en die direksie is vol vertroue dat hy die regte mens is om die maatskappy te lei tot sukses om groentegnologie-vervaardigingsinvestering te lok en te vestig.”

Sy voeg by die direksie is vol vertroue dat Cullinan en sy span die Asez sal bou om ’n beduidende bydraer tot ekonomiese groei en ontwikkeling in Kaapstad, die Wes-Kaap en Suid-Afrika te wees. Cullinan is ’n kenner van groen infrastruktuur en volhoubare stedelike ontwikkeling. Hy het ’n meestersgraad in stads- en streeksbeplanning met voorgraadse grade in ekonomie en omgewingswetenskap.

Voor hy by die Asez aangesluit het, was hy die uitvoerende hoof van MCA stads- en omgewings­beplanners, ’n tegniese adviseringsmaatskappy wat fokus op groen stedelike infrastruktuurbeleid, beplanning en ontwikkeling.

Hy het internasionaal en plaaslik aan ’n wye verskeidenheid projekte gewerk, wat gewissel het van die finansiering van groen infrastruktuurprojekte in Tanzanië tot die beplanning van gemengde gebruikte waterfrontontwikkelings in Nigerië.

Cullinan is passievol oor die potensiaal van groen infrastruktuur om die basis vir ’n volhoubare toekoms te lê. “As ons ernstig is om ’n toekoms te bou wat volhoubaar is, dan het ons volhoubare vervaardiging nodig. Dit is die doelwit wat ons gestel het om te bereik. Dit is nie iets wat oornag gedoen word nie. Dit is ’n reis wat samewerking behels en ’n gewilligheid om innoverend te wees. Ek is oortuig daarvan dat ons daar sal kom deur hand aan hand met ons beleggers, aandeelhouers, vennote en die gemeenskap te werk,” het Cullinan gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article