Brandweerbeamptes het Sondagoggend verhoed dat die hele gebou verwoes is. Foto: Murphy Roberts


Nog ’n brand het ’n gebou in puin gelê nadat die gebou voor die Atlantis-hof Sondagoggend begin brand het. Met geen kragonderbrekings die naweek nie het die gebou Sondagoggend tussen 04:00 en 05:00 onverklaarbaar begin brand. Niemand was in die gebou nie, verklap beamptes op die toneel.

Dit is die tweede gebou wat binne weke onverklaarbaar begin brand en die Cape Town Drug Counselling-kantore en ’n prokureursfirma op die boonste verdieping het alles verloor.

Die dubbelverdiepinggebou, wat ook die kantore van die regshulp prokureurs op die grondvloer huisves, het ook skade gelei, maar die boonste vloer is totaal verwoes.

Volgens beamptes is dit tans onduidelik hoe en waar die brand ontstaan het. Volgens Kapt. Lisa Munro, polisiewoordvoerder, kan die oorsaak net bepaal word nadat die brandweer se ondersoek afgehandel is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article