David Grier (Cipla-stigting), Harry White, Jamie Arnott (Atlantic Beach-huiseienaarsvereniging), Herman Grobler (Cipla-stigting) en Gary Markus (waarnemende hoof) by die samesprekings. Foto: Clement Trussell


Saxonsea Primêre skool het ’n geleent­heid gekry om nóg meer graad R-leerders in 2020 te huisves danksy skenkings.

Volgens Harry White, van die Atlantic Beach-huiseienaarsvereniging, het hy en sy span twee jaar gelede gaan kyk wat dié vereniging kan doen om terug te ploeg in Atlantis en het toe die werkers van Atlantic Beach Estate genader om hulle te help.

Saxonsea Primêre skool is geïdentifiseer aangesien talle van die werkers se kinders en kleinkinders by dié skool onderrig kry.

White het bygevoeg hulle het kontak gemaak met die waarnemende hoof, Gary Markus, wat aan hulle genoem het daar is ’n nood vir nóg drie klaskamers. Volgens White het die Atlantic Beach-huiseienaarsvereniging ’n geldin­samelingsprojek van stapel gestuur en R220 000 bymekaar gemaak. Die groep het daarna Cipla-stigting genader om dieselfde bedrag te skenk.

White sê hulle beoog om in die toekoms nog meer vir die skool te doen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article