Legacy Sound, Smile Productions en Kinderwelsyn Suid-Afrika van Mamre (KWSAM) saam met Pella Primêr en die vyf-jarige Irah Smile (Smile Productions).Foto: David Rossouw


Wetenskaplikes en sielkundiges is dit eens dat musiekopleiding leerders positief bevoordeel in ’n kind se vroeë stadium van ontwikkeling.

Kinderwelsyn Suid-Afrika van Mamre (KWSAM) het onlangs ’n musiekprogram vir leerders in graad 5, 6 en 7 by Pella Morawies Primêr in samewerking met Smile Production en Legacy Sound gereël.

Altesaam 20 leerders in graad 5, 6 en 7 is gekies om aan die skool se musiekprogram deel te neem. Voor studente instrumente kon speel, het twee plaaslike musiekorganisasies, Smile Production en Legacy Sound, die leerders in die grondbeginsels van musiek wysgemaak.

Die musiekkamer is Dinsdae en Donderdae in ’n drie uur lange musiekfabriek omskep, wat nuuskierige leerders se aandag gedurende pouses getrek het danksy die note van klavier en klawerbord en die maatslag van tromme.

Volgens KWSAM, Smile Production en Legacy Sound het die musiekprogram ’n goeie invloed op hierdie jong leerders se daaglikse lewe, benewens die feit dat dit ook ’n invloed op hulle as individue het, het Wilfred Smile gesê.

Die finale produk is Maandag 21 en Dinsdag 22 November op die proef gestel toe die leerders ouers en gaste by die skool se jaarlikse diploma-seremonie vermaak het.

Die skoolhoof, Carmen Gilmore, het haar waardering aan die onderwysers, KWSAM, Smile Production en Legacy Sound, uitgespreek.

Die hoop bestaan dat die verhouding tussen die skool, KWSAM, Smile Productions en Legacy Sound sal aanhou groei en dat dit net die begin van wonderlike dinge is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article