’n Aantal 400 g-blikkies geblikte sardyne in tamatiesous is inderhaas weens ’n fout met die blikke van die rakke verwyder en in fabrieke herroep.

West Point Processors, die vervaardiger, het Saterdag in ’n verklaring aangekondig van sy ingelegde sardyne in die 400 g-blikkie is herroep. Hy het ook gewaarsku dit is moontlik dat van dié blikkies al op die winkelrakke kan wees of in mense se huise. “Dit is blikkies met die volgende kodes onderaan: ZST2 en ZSC2. Daar is ’n klein moontlikheid dat sekere blikkies ’n inmaakfout mag hê, wat die produk ongeskik vir verbruik kan maak. Die geraakte handelsname is Cape Point en Saldanha, Shop­rite Ritebrand, Checkers Housebrand, U-brand en OK Housebrand. Produkte met dié kodes moet na die supermark teruggeneem word vir terug­betaling.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article