Robinvale-matrikulante nadat hulle hul Afrikaans tweede vraestel verlede Vrydag (1 Desember) geskryf het, saam met hul skoolhoof, Vaughan Murray.Foto: Davis Rossouw


Baie matrikulante van Atlantis het Vrydag 1 Desember hul laaste vraestel in die nasionale seniorsertifikaateksamen – Afrikaans Huistaal – afgelê.

Baie van dié leerders meen dit was nie juis ’n moeilike vraestel nie en hulle het dit nogal geniet.

Weskus Nuus het met die skoolhoofde Vaughan Murray (die Hoërskool Robinvale) en Hilton Smith (die Hoërskool Proteus) gesels om uit te vind wat hulle dink van die klas van 2023.

Volgens Murray sal dit die eerste keer ná Covid-19 wees wat matrikulante werklik goed voorbereid was aangesien hulle geen ontwrigting gehad het nie.

Op sy beurt is Smith bekommerd omdat van die Covid-19-leerders van 2021 en ’22 dalk ’n agterstand kan hê.

Robinvale het 160 leerders vir die matriekeindeksamen ingeskryf. “Dit is die eerste keer ná Covid-19 dat matrikulante blootstelling kry aan formele eksamens in Junie én September, en hulle behoort heelwat beter te vaar as hul voorgangers van 2020 en 2022,” het Murray gesê.

Volgens Murray is die gehalte van die uitslae by Robinvale baie goed en hy is baie tevrede met die laaste drie jaar se prestasies. Hy sê hy hoop dat 2023 se matrikulante hul mikpunt van 85% van hul voorgangers ewenaar.

Smith, aan die anderkant, is ’n bietjie bekommerd omdat baie van die matrikulante nie goed gevaar het in die Junie- en September-eksamens nie. “Heelwat leerders het nie die naskoolse leerplanne wat die skool aangebied het, bygewoon nie,” vertel hy.

“Hoewel slegs meer as twee derdes aan die naskoolse leerplanne deelgeneem het, hoop ek dat daar tog ’n verbetering sal wees,” het Smith gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article