Matrikulante van Saxonsea Sekondêr wys dat hulle trots is op hul skool toe hulle weer as die topskool in Atlantis gekroon is.Foto: Nico Waggenstroom


Saxonsea Sekondêr, met sy 94,3%-slaagsyfer, is weer die topskool in Atlantis ten spyte van ’n 2%-daling in sy algehele slaagsyfer.

Skole in Atlantis het algeheel goed presteer en Robinvale se slaagsyfer het met 6,7% verbeter tot 91%. Atlantis Sekondêr met sy 78,7%-slaagsyfer en ’n 6,8%-styging in sy slaagsyfer is weer in die derde plek. Die skool het ook die dorp sy slimste matrikulant opgelewer met Mugammed Flink (81,57%) wat die beste gevaar het. Robinvale se Asemahle Mahamba (80%) het die tweede beste in Atlantis gevaar.

Proteus Sekondêr het egter, ten spyte van sy vierde plek, die beste verbeter op sy algehele slaagsyfer met ’n stewige 10,2%-verbetering in sy algehele slaagsyfer tot 74,4% in 2019.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article