Marlin Hardenburg kranige rugbyspeler by die bekende rugbyafrigter en adjunkhoof Ruben Abels. Foto: Murphy Roberts


Mamre Primêr-leerder, Marlin Hardenburg (14), is Weskus Nuus en Super Sport se September Let’s Play-wenner.

Die graad 7-leerder is ’n kranige rugbyspeler en is onlangs in die WP- Iqhawe se o.15-rugbyspan opgeneem. Marlin sal saam met dié span tussen 1 en 4 Oktober aan die Iqhawe-rugbyweek deelneem wat in Johannesburg gaan plaasvind.

Die kranige skrumskakel wat ook vir Hamlets, Mamre se gemeenskapsrugbyspan se o.15-span, speel, speel vandat hy drie jaar oud was rugby. Marlin het groot rugbydrome vir homself.

“Aaron Smit van die All Blacks is my held, maar my eintlike droom is om eendag vir die Bokke te speel,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article