Vele plaaslike organisasies en gemeenskapslede het ter viering van die lewe van wyle oudpresident Nelson Mandela hul harte oopgemaak.
Saterdag 18 Julie, Mandela se verjaardag, word gesien as ’n geleentheid vir Jan en alleman om vir minstens 67 minute ’n bydrae in die gemeenskap te maak.





