Regan Davids is in die agterplaas van sy woning met ’n steekwond in die bors gevind. Foto: Murphy Roberts


Hy is dalk vir R350 vermoor.

Só meen die hartseer ma van ’n 37-jarige man wie se lyk Woensdagoggend in hul agterplaas ontdek is.

Regan Davids (37) se liggaam is Woensdag 23 September omstreeks 05:30 in hul agterplaas in Wincklerstraat Mamre deur sy broer ontdek wat op pad werk toe was.

Mary Davids (60), die oorledene se ma, sê haar kind was die vorige dag nog baie opgewonde oor die geld wat hy uiteindelik van Sassa gekry het.

“Hy was redelik rustig en het die geldjie met my gedeel en was maar heeltyd agter in die erf. Ons het niks argumente gehoor deur die nag nie en dit moes baie vinnig gebeur het,” vertel sy. Volgens omstanders op die toneel het die oorledene wonde aan sy liggaam gehad en is ’n skroewedraaier op die toneel gevind. ’n Familielid sê egter hulle kan nie bevestig dat dit wel die moordwapen is nie, maar het bevestig Davids se oorskot was reeds “koud” toe sy lyk gekry is. Kapt. Liza Munro, ’n woordvoerder van die polisie, sê ’n moordklag word ondersoek en ’n 20-jarige verdagte is aangekeer. Die slagoffers is op die toneel aan ’n steekwond in die bors dood.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article