Die spanlede – Marklin Syme, Jonathan Adams, Enver Van Staden, Alexander Lewis, Aden Janza en Brawen Syme. Jayden Syme en Jordan Syme was afwesig toe die foto geneem is.Foto: Mamre Boyz


“Ons wou maar net kyk of mense na ons videos gaan kyk.”

Só verduidelik die nuwe Tik Tok-sensasie, die Mamre Boyz.

Die manne het nou voltydse videovervaardigers geword.

Mamre Boyz se videos is baie gewild op Tik Tok, ’n sosialemediaplatform waar enigeen kortvideos kan oplaai.

Die groep se volgelinge kan nou daagliks sien waarmee die groeplede hulle besig hou.

Volgens Enver van Staden, die leier van die groep, is hulle maar ’n paar “eenvoudige jong manne”.

Die jongste onder hulle is nog op laerskool en hulle is van Mamre.

“Ons het nooit gedink dat ons videos so gewild gaan word nie. Ons het maar net aandag op Tik Tok gesoek,” skerts van Staden.

Met byna 200 000 regmerkies vir die groep is hulle een van Mamre se gewildste groepe en groei hulle nog elke dag, spog van Staden.

Die Mamre Boyz maak onder meer kort komedievideos.

Volgens van Staden was een van hul debuut videos waar die groep in die begraafplaas stap en dan vra ’n sagte stemmetjie “Hallo, hallo is julle dalk deel van die groep van 20 wat volgende week kom?”

Die video het gou gewild geword en Tik Tok-volgelinge wou meer van die Mamre Boyz sien, vertel Van Staden.

“Wat ons as Mamre Boyz ook geleer het is, is hier is gewis baie talent in die dorp, wat net ontwikkel moet word,” vertel “Paaper”, soos Van Staden bekend staan.

Die ander lede van die groep sê hulle is baie bly dat hulle mense met hul videos kan laat lag. Die Mamre Boyz (@mamre_boyz) se videos kan ook op YouTube gevind word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article