Monique Hansen van Radio Atlantis en verteenwoordigers van verskeie organisasies wat poog om die dorp wapenvry te maak.Foto: Clement Trussell

‘Maak ons dorp wapenvry’

Monique Hansen van Radio Atlantis en verteenwoordigers van verskeie organisasies wat poog om die dorp wapenvry te maak.Foto: Clement Trussell


“Kry vuurwapens uit ons strate!”

Dit is die mandaat van die organisasie Gun Free South Africa, wat Saterdag 13 Julie in samewerking met die Children’s Radio Foundation ’n gesprek met verskeie Atlantis gebaseerde organisasies in Atlantis gevoer het.

Volgens die projekkoördineerder, Monique Hansen, is die doel van die projek om gebiede wat deur bendes geteister word, wapenvry te maak.

“Ek weet dit is ’n moeilike taak wat op ons wag, maar ons gaan nogtans probeer.”

Volgens Gun Free SA se webtuiste is daar sowat 3 miljoen gelisensieerde wapens in die land, waarvan 9 855 verlede jaar gesteel is. Volgens die organisasie word 23 mense elke dag in Suid-Afrika doodgeskiet.

Die verteenwoordigers by Saterdag se gesprekvoering het ’n vraelys ingevul om sekere inligting te versamel wat in Augustus vrygestel gaan word.

Volgens Hansen skakel hulle ook reeds met skole.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article