Diane Pienaar (43) het op pad na die hospitaal aan haar wonde beswyk.


Diane Pienaar (43) is Saterdag (4 Maart) doodgesteek toe sy twee mans wat baklei het, probeer keer het. Volgens haar 11-jarige seun het hy en sy ma 22:00 na die spazawinkel gegaan om vir hom lekkers te kry.

Op pad huis toe het hulle glo gesien hoe ’n buurvrou twee mans wat baklei, probeer kalmeer. Pienaar het glo ’n bottel gegryp om die mans af te skrik, maar dit het nie gehelp nie. Een van die mans, wat aan Pienaar bekend was, het glo die bottel gegryp, stukkend geslaan en haar aangeval.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het Pienaar op pad na die hospitaal aan haar wonde beswyk. ’n Verdagte (26) is intussen aangekeer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article