Appelkolwyntjies
Bestanddele:
2 x 250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
knippie sout
100 ml suiker
5 ml fyn kaneel
2 x 250 ml gerasperde appels
2 eiers
125 ml melk
125 ml canola-olie
5 ml vanielje
Metode:
1. Verhit die oond vooraf tot 180 °C en smeer ’n groot, 12-holte-kolwyntjiepan.
2. Meng die droë bestanddele saam.
3. Roer die appel in sodat dit met meel bedek is en amper los van mekaar is.
4. Klits al die “nat” bestanddele saam.
5. Maak ’n effense holte in die meelmengsel, gooi die nat mengsel daarby en meng tot alles gemeng is.
6. Verdeel deeg tussen holtes, strooi ’n bietjie kaneelsuiker oor en bak +- 20 minute of totdat toetspen skoon uitkom.
Murgpampoentjie-kolwyntjies
Bestanddele:
200 g murgpampoentjies (rou)
1 koppie gerasperde kaas
200 g spek
Bietjie olie (vir braai)
1 ui (opgekap)
1 blik pitmielies (gedreineer)
5 ml fyn knoffel
1 koppie koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml sout
6 eiers
Metode:
1. Verhit die oond vooraf tot 180 °C.
2. Braai ui en knoffel in olie tot sag. Skep uit en hou eenkant.
3. Braai spek tot bros. Laat afkoel.
4. Rasper murgpampoentjies aan growwe kant van rasper.
5. Meng murgpampoentjies, kaas, spek, uie en mielies saam.
6. Roer droë bestanddele by.
7. Roer eiers by, maar moenie te veel roer nie.
8. Skep in gesmeerde kolwyntjiepanne of groot oondbak.
9. Bak 20 min (of ’n uur indien jy ’n tert maak) of tot toetspen skoon uitkom.
10. Sit voor saam met kruiebotter.
Kruiebotter:
Meng die volgende saam:
125 ml sagte botter
30 ml vars basiliekruid
30 ml vars pietersielie
Varsgemaalde peper
Bron: Afrikaans.com





