Kerria Primêr se dramagroep het Not yet free opgevoer wat handel oor die dood van Hector Pieterson en ander verhale uit die apartheidsera.Foto: Murphy Roberts


Kerria Primêre skool het Vrydag 17 Augustus bejaardes van die omgewing met sang en drama in die skoolsaal vermaak en kospakkies aan hulle oorhandig.

Volgens skoolhoof Russel Andrews is dié projek deel van Nelson Mandela se eeufeesvieringe en Vrouemaand.

Die skool se dramagroep het die bejaardes in vervoering gehad met die toneelstuk, Not yet free, wat verskillende boodskappe uit die apartheidsera vertel het en die dood van Hector Pieterson uitbeeld. Die kospakkies is deur leerders en die ouers ingesamel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article