Beurtkrag is ’n warm onderwerp vir Suid-Afrikaners.

Ons moet begin dink aan nuwe en innoverende maniere om energie te bespaar.

Het jy geweet meer as 90% van Suid-Afrika se energie kom van nie-hernubare bronne? Die wrede werklikheid is die stygende vraag na elektrisiteit beteken krag sal steeds ’n tekort ervaar en die kostes gaan hoog bly.

Hier is ’n paar nuttige wenke hoe om elektrisiteit te bespaar, jou koste te verminder en beurtkrag te vermy.. Skakel toestelle by die muur af en trek die prop uit. Selfs wanneer ’n toestel nie gebruik word nie, kan dit steeds stroom trek terwyl dit in bystandmodus is. Raak dus gewoond om nie-noodsaaklike items soos jou selfoonlaaier, haardroër, leeslampe en meer se kragproppe uit te trek.. Bedek jou potte terwyl jy kook. Jy sal verbaas wees hoeveel elektrisiteit jy kan bespaar deur bloot ’n deksel op jou pot te gebruik wanneer jy water of kos kook. Pas ook die grootte van jou pot by die grootte van die stoofplaat en werk omsigtig met die oond.. Gooi ’n geiser-kombers oor jou geiser om te keer dat kosbare hitte ontsnap. Om nog verder te bespaar, stel die termostaat op 60 °C – dit is steeds warm genoeg vir ’n heerlike stort, maar sal baie minder krag trek.. Installeer ’n energie- en waterdoeltreffende stortkop. Dié toestel gebruik tot 40% minder warm water en sal jou geld op jou elektrisiteitsrekening bespaar.. Vervang gewone gloeilampe met energiebesparende gloeilampe wat ses keer minder elektrisiteit gebruik.. Stort eerder as om te bad. Jy sal tot 80% aan water bespaar en vyf keer minder elektrisiteit gebruik as om ’n bad water te verhit.

Beurtkrag is vir niemand lekker nie. Maar gelukkig is ons ’n land gevul met oorvloedige sonskyn, en in sommige streke, wind.

Namate meer en meer alternatiewe energie-oplossings aanlyn kom, kan ons uitsien na ’n toekoms wat ligter op ons sakke is en ook ligter op die planeet. Onthou – as ons minder energie gebruik, sal ons nie-hernubare energiebron langer hou en sal ons die positiewe uitwerking wat dit op ons delikate omgewing het, raaksien.

Vir meer inligting oor wat ons as ’n organisasie doen om ’n groener ekonomie by te staan, besoek ons webwerf by www.atlantissez.com of stuur e-pos na hello@atlantissez.co.za.. Verwysings:

www.directaxis.co.za

www.homeinsulations.co.za

www.businesstech.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article