Jou gesindheid teenoor wiskunde word regstreeks aan jou kinders oorgedra, en kort voor lank sit jy met ’n kind wat bang is vir die vak en nie die selfvertroue het om te probeer nie.

Dis egter nooit te laat nie en met die nodige aanmoediging en hulp kan die meeste kinders wiskunde baasraak.

Suid-Afrika vaar nie te waffers op die wêreldranglys vir wiskundeprestasie nie. Daarom is dit noodsaaklik dat die wiskunde-monster vierkantig in die oë te kyk.

Dis hier waar ouers ’n groot rol kan speel, want afgesien van wat jou ervaring was, is soveel hulp en raad deesdae beskikbaar, dat die meeste kinders goed in wiskunde kan vaar – veral as hulle in hul moedertaal onderrig te word.

Afrikaans.com gee riglyne oor wat ouers en onderwysers kan doen om kinders van kleins af nuuskierig te maak oor die wonder van getalle sodat hulle sommer vroeg al syfers met selfvertroue sal aanpak: . Die kind wat glo hy kan iets doen, het meer selfvertroue en sal meer geneë wees om te probeer. Daarom is dit belangrik om die kind se sterkpunte uit te lig, want dit help om sy selfvertroue te versterk, wat sal help om wiskundige vaardighede baas te raak.. Verseker hulle dat dit oukei is om nie die eerste keer reg te wees nie en dat hulle weer kan probeer. Op dié manier word die kind subtiel gelei om anders of logies te dink om by die antwoord uit te kom. . Moenie die kind verkleineer nie – dit is ’n ouer en opvoeder se taak om ’n kind te koester en hul selfvertroue te versterk – nie om die kind af te breek nie.. Verduidelik hoekom wiskunde ’n belangrike lewensvaardigheid is en dat ’n mens dit elke dag oral en op verskillende vlakke gebruik. (Dink maar net aan wanneer ’n mens jou maandelikse begroting moet uitwerk, of wanneer jy ’n beroep beoefen en van jou verwag word om wiskundige beginsels toe te pas op onder meer grafieke en diagramme om ’n verslag te skryf.). Let op jou kind se leesvaardigheid, want leesvaardigheid en wiskunde gaan saam. Om met selfvertroue en met begrip te kan lees dra by tot jou kind se getalbegrip. Die kind moet die wiskundevraag met begrip kan lees om te weet watter stappe om te volg om by die antwoord uit te kom.

Hoe kan ouers en onnies help:
. Dit is belangrik dat die ouers en onderwyser saamwerk en dat die ouers op hoogte gehou word van waarmee die kind in die klas besig is. Sodoende kan die ouer die werk tuis versterk. Bv.

* Sê vir jou kind: “Verduidelik vir my waaroor gaan dit.” Die kind herhaal dan vir die ouer wat hy geleer het.

* Versterk begrippe deur daaroor te praat.. Dit is belangrik om vas te stel waar die gaping in die kind se kennis van wiskunde lê en dan ’n stappie terug te neem om op ’n konkrete vlak die kind te help om dit op daardie vlak te bemeester. Op die manier sal hy dan die volgende begrip kan verstaan en uiteindelik sy wiskunde op peil kry.. Besoek gerus https://afrikaans.com/ vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article