Waardevolle materiale beland daagliks in stortingsterreine. Daar is egter ’n wesenlike geleentheid om hierdie materiale te herwin, daardeur iets goed vir die omgewing te doen, en sommer ook ’n wins te maak.
Al wat nodig is, is om met die beste sakeidee van herwinning vorendag te kom en daaraan te begin werk. Dit kan alle gesinslede betrek en ’n positiewe bydrae tot die huishoudelike inkomste lewer.
Huishoudelike vullis
Om huishoudelike vullis vir herwinning te gebruik, is ’n relatiewe laekoste-sakeidee. Vullis kan by huise en ondernemings herwin word deur dit op ’n gereelde basis te kollekteer. Die verskaffing van houers, of verskillende sakke, help om die materiale by die bron te skei. Dit maak dit makliker vir sakeondernemings om te herwin en moedig positiewe herwinningsgedrag aan.
Die skeiding van alle organiese afval is ’n goeie begin. Om kompos van alle kosafval te maak, of selfs ’n wurmplaas te begin, is nuttig vir die tuin. Selfs gebruikte kookolie kan vir ’n inkomste herwin word.
Papier
Herwinning van papier is miskien die bekendste opsie onder alle idees vir herwinning. Dit is ’n eenvoudige sakemodel wat tot ’n aansienlike inkomstestroom kan lei. Papier bly altyd in aanvraag.
Gebruik groot houers vir die versameling van koerante in winkelsentrums, restaurante, skole en ander plekke, maar maak seker die houers staan by ’n toeganklike plek waar dit in die oog is. Verkieslik moet dit ’n plek wees waar groot groepe mense bymekaarkom. Houers vir die opgaar van papier sal benodig word, toestemming om die houers te plaas en ’n voertuig wat die herwinde papier kan optel. Alhoewel dit ’n uitstekende manier is om papier in groot hoeveelhede te versamel, vereis hierdie konsep logistieke ondersteuning om dit goed te bestuur.
Plastiek
Verskeie soorte plastiekbottels kan vir ’n inkomste herwin word. Hierdie inkomstestroom is egter afhanklik van die prys van olie aangesien plastiek vervaardig word uit die neweprodukte van olie. Daarom, as die olieprys laag is, wat die meeste verbruikers verkies, ly plastiekherwinnaars ’n verlies. Deur innoverende tegnologie soos om outomatiese masjiene te benut, word die proses dikwels baie makliker, en die volumes verhoog, terwyl die inspanning verminder.
Elektroniese herwinning of e-afval
Elektroniese herwinning of e-afval is nog ’n groen en uiters winsgewende sakeidee. Koop skrootelektronika en verkoop dit aan mense wat die elektronika se herwin. Selfs die opknapping van huishoudelike toerusting in ’n werkende toestand kan lei tot ’n goeie sakegeleentheid.
Die soorte toestelle wat herwin kan word, of selfs opgeknap kan word, is skootrekenaars, rekenaars, selfone en elektronika van alle soorte, onder meer ketels, broodroosters en soortgelyke toerusting. Selfs die hervulling van inkhouers kan ’n goeie sakegeleentheid wees.
Konstruksie
Daar is baie materiale wat uit onder meer metale, elektriese materiale, hardehout en meer. Al wat die entrepreneur hoef te doen, is om dit te versamel en aan herwinningsentrums of direk aan iemand ander te verkoop, afhangend van hul toestand.
Skakel die Atlantis se spesiale ekonomiese sone-span vir nog inligting oor hierdie sake-idees op atlantissez@wesgro.co.za

