Okuhle Delanqo (nr. 6) is as eerste prinses aangewys terwyl Runeishia Matolla (nr. 2) met die kroon weggestap het. Zinacka Savage is as tweede prinses aangewys tydens die Atlantis-gemeenskapspolisieforum se herwinbare goedere skoonheidskompetisie as deel van die Jeugdag-vieringe. Foto: Verskaf


“Jy sal beter leiding by jou ouers kry.”

Dit was die woorde van AO Denver Abrahams van die plaaslike polisie. Hy het jong mense van Arandu Plain in Proteapark tydens Jeugdag aangemoedig om eerder na hul ouers te luister.

“Jy sal nooit beter raad kry as by jou ouers nie,” het hy tot groot vermaak van inwoners gesê. “Bende en dwelms is besluite wat deur invloed gemaak word, en dit is nie die oplossing nie.”

“Baie jongmense word deur bendebase met geld en mooi klere oorreed, maar as jy hard werk, kan jy dit self koop,” het hy jongmense aangemoedig. “Ons jeug is die leiers van môre en moet daarom beskerm word,” het hy aan ouers gesê. Abrahams het ook ouers aangemoedig om hul kinders die regte leiding te bied en nie moet skroom om die polisie te bel indien hulle met verkeerde goed betrokke raak nie. “Moenie sy borgtog betaal nie, aangesien dit hulle net gaan aanmoedig om dit weer en weer te doen,” het hy afgesluit.

Volgens Veronica Daniëls, die organiseerder van die dag, het sy besluit op herwinbare materiaal as uitrustings aangesien dit baie sakegeleenthede inhou. “Julle sien hoe lyk ons omgewing – dit is geld wat rondlê,” het sy die jongspan aangemoedig.

“Baie jongmense het op die dag hul lewe verloor sodat julle ’n beter lewe kan hê.” Sy het hulle aangespoor om die geleentheid te gebruik om hulself te bemagtig. “Dwelms en bendes is nie die oplossing nie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article