Cynthia Clayton (met rooi baadjie) en proporsionele raadslid, Allister Lightburn, saam met lede van die groep MK1 Lifestyle voordat kospakkies aan 350 huisgesinne uitgedeel is.Foto: Nico Wagenstroom


Inwoners van wyk 29 (Mamre, Pella, Saxonsea en Avondale) is Saterdag 11 Julie deur die wyksraadslid Cynthia Clayton met kospakkies verras.

Volgens Clayton is die kospakkies deur geld wat oorgebly het van haar wyktoelaag gekoop. “Ons kan nie vir almal in die wyk van die pakkies voorsien nie, maar die 350 huishoudings is van die mense wat dit die nodigste gehad het,” het Clayton gesê.

Clayton was verstom oor die goeie werk wat die diensverskaffer MK1 Lifestyle gedoen het om die pakkies te verpak en gereed te kry. Sy het gesê dit is beslis ’n riem onder die hart. Ricardo Skippers, voorsitter van die VW Golf-motorliefhebbergroep, vertel hulle het byna deur die nag gewerk om die pakkies gereed te kry.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article