Die organisasie Pearl Mansion-woonstelkomitee, ’n organisasie sonder winsbejag, is ’n jaar gelede in samewerking met Allister Lightburn, ’n plaaslike raadslid, op die been gebring.
Die doel van die komitee is om die omstandighede van die inwoners te verbeter.
Matrikulante van Atlantis Sekondêr, Proteus Tegniese Hoërskool en Hoërskool Robinvale, het reeds groot voordeel uit die projek getrek.
“Ons hoop hierdie jaarlikse projek om matrikulante van skryfbehoeftes te voorsien oor die eindeksamen sal hulle aanmoedig om goed te presteer,” het Jerome Titus, voorsitter van die komitee, gesê.
Die komitee hoop om in die nabye toekoms ’n bydrae te lewer tot die drie primêre skole se leerders in die omgewing. ’n Groot nood is bespeur en word met die bystand van plaaslike ondernemings in die dorp die hoof gebied.




