Die Koeberg-kragsentrale het Maandag 29 Maart ’n skenking van R7 500 aan die Pella Morawiese Primêre Skool oorhandig om te help om boumateriaal te koop. Die skenking was ’n blyk van waardering van die personeel by Koeberg nadat die gewese skoolhoof, Margaret Dyson, einde Maart die tuig neergelê het en hulle besluit het om geld in te samel nadat hulle ’n noue band met die skool ontwikkel het sedert Koeberg die skool in 2018 “aangeneem” het. Debbie Joshua (senior raadgewer vir gemeenskapsontwikkeling), Margaret Dyson (oudhoof van Pella Morawiese Primêre Skool), Riedewaan Bakardien (hoof-kernkragoffisier) en Lewis Phidza (bestuurder van belanghebbendes) het die oorhandiging bygewoon.


Koeberg skenk bou-hulp

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article