Nasionale Kinderbeskermingsweek word van 27 Mei tot 2 Junie in Suid-Afrika gehou om bewustheid van kinderregte, soos vervat in die Kinderwet van 2005, te skep.
Dié veldtog, wat in 1997 begin het, poog om alle sektore in die samelewing te mobiliseer om die versorging en beskerming van kinders te bevorder.
In die aanloop tot Kinderbeskermingsweek gaan Weskus Media weekliks nuttige inligting aan ouers, onderwysers, voogde en kinders verskaf sodat kinders nie net teen misdaad en geweld beskerm kan word nie, maar ook teen ander gevare wat ons jeug se fisieke en geestesgesondheid benadeel. Besoek Weskus Nuus se Facebook-blad vir die berigte en om gratis aanlyn te lees.


