Die span van Open Hearts Projects wat ’n glimlag op baie se gesig gesit het met ’n Kers­ete, Roberta Matthews, Patrick Oppelt, Vennus Cupido en Carmen Lindewal.Foto: David Rossouw


Inwoners van Atlantis, Mamre, Pella en Witsand sal 2020 so gou as moontlik wil vergeet weens die uitwerking van die Covid-19- pandemie.

Menige huishouding het gebuk gegaan onder verliese van inkomste.

Open Heart Projects, ’n organisasie sonder winsbejag wat in 2020 dié status ontvang het, het dus besluit om op Kersdag maaltye vir 350 inwoners van Atlantis en omliggende gebiede voor te berei en om sodoende ’n glimlag terug op bekommerde ouers en kinders se gesigte te plaas.

Volgens die voorsitter, Carmen Lindewal, is die etes reeds vroeg in 2020 beplan, maar met die uitbreking van die pandemie het die omstandighede verander. Die organisasie kon tydens die aanvanklike inperking nie vrylik beweeg nie.

Samewerking tussen Central-slagters, Shoprite Atlantis, Mamre-kinderwelsyn SA en Atlantis Football Legends het egter tot die suksesvolle Kersete gelei.

Open Heart Projects bedank al die vrywillige helpers wat hulle familietyd afgestaan het om kos voor te berei en op Kersdag af te lewer.

“Was dit nie vir hierdie mense nie, sou ons nie ons eindpunt bereik nie. Daarvoor is ons baie dank aan hulle verskuldig. Ons beoog om in die toekoms nouer saam met organisasies in Atlantis, Mamre, Pella en Witsand te werk,” het Lindewal gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article