Jomo Power se ABC Motsepe-ligaverpligtinge kan eenvoudig nie aan die gang kom.
Die Bloues het Saterdag 23 November sy sesde nederlaag gely toe die span in Beaufort-Wes met 1-2 vasgeval het. Jomos kon nog net ’n gelykopuitslag behaal en is tans laaste op die punteleer ná sewe wedstryde. Die span het in sy laaste tuiswedstryd, Saterdag 16 November, teen Norway Park ook met 1-2 vasgeval.
Die spelers van Jomos het in die wedstryd gelyk of hulle dalk die soet van ’n oorwinning kan proe, maar dit was die span nie beskore toe die besoekers die wedstryd van die strafmerkie verseël het.
Volgens Lon van Graan sukkel die span tans omdat baie van sy sleutelspelers nie by Safa geregistreer is nie weens ’n administratiewe fout.
Volgens van Graan het Safa se stelsel op die dag van registrasie probleme gegee en daarom kon van sy sleutelspelers nie speel nie en hulle sukkel steeds om die probleem opgelos te kry.
“Spelers wat tans sake van die kantlyn moet dophou, is Eugene Williams, Thorick Gideon, Kyle Petersen, John van Graan en Valentino Thomas.
Jomos speel die komende naweek tuis teen Ajax en sal hoop dat daar beter momentum is,” sê van Graan.




