Jeugaanbieders van Radio Atlantis, bestuurslede en senior burgers wat deur die jongspan bederf is.


Radio Atlantis en die jeugaanbieders in samewerking met Fit4us het Maandag 10 Augustus senior burgers bederf en gepamperlang.

Volgens dié jong mense wou hulle vir die senior burgers wys dat hulle waardeer word deur die bejaardes se hare, naels en voete te versorg. Volgens Dean Goliath, stasiebestuurder, kon hy nie nee sê toe die jongspan hom nader met dié idee om die vroue te bederf nie.

“Die radiostasie waardeer wat die seniors vir die dorp beteken en daarom was dit nie moeilik vir ons om betrokke te raak en om die lekkernye en kos te voorsien nie,” vertel Goliath.

Volgens Charlton Keesh, voorsitter van die bestuur, was hy aangenaam verras om die jongspan se vaardig­heid te aanskou toe hy en van sy bestuurslede ook gesig gaan wys het. “Die jong aanbieders sal seker nooit besef wat dit vir die bejaardes bete­ken het nie, maar ek het die waarde­ring op die vroue se gesigte geniet,” vertel Keesh.

Vroue moes ook hul idees van vrouwees op ’n plakkaat skryf waarna hulle weggelê het aan die lekkernye.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article