Die jeug maak ’n groot deel van die wêreld se bevolking uit.
Hulle sal langer moet saamleef met die gevolge van die huidige omgewingsituasie en besluite wat nou deur ander geneem word.
Toekomstige geslagte sal ook geraak word deur hierdie besluite en die mate waarin hulle bekommernisse soos die uitputting van hulpbronne, verlies aan biodiversiteit en langlewende radioaktiewe afvalstowwe die hoof gebied het.
Deesdae is veral jong mense by klimaatsverandering betrokke. Hulle is gereed om ’n kritieke krag vir die energie-oorgang te wees, bring nuwe idees en volg loopbane wat daarop gemik is om die koolstofvoetspoor uit te wis.
Die jeug kan hul lewenstyl verander en hoe dit die omgewing beïnvloed.
Hulle kan hul huise, skole en jeugorganisasies meer omgewingsvriendelik maak deur omgewingsvriendelike praktyke aan te neem, herwinning asook die behoud van hulpbronne soos water en elektrisiteit.
Om die jeug by omgewingsbeskerming te betrek, het nie net ’n direkte invloed op veranderende jeuggedrag en -houdings nie, maar beïnvloed moontlik hul ouers, families en vriende ook.
Omgewingsbeskerming is ’n wye onderwerp.
Omgewingsprobleme neem dag vir dag toe, en almal is wêreldwyd bekommerd oor aardverwarming en klimaatsverandering, maar dit kan voel asof plaaslike en nasionale omgewingsprobleme minder kommerwekkend is. Om die omgewing te beskerm, begin by besoedelingsbeheer; daarom kan die jeug help om vermorsing te verminder deur aandag te gee aan klein dingetjies in hul daaglikse lewe, soos om nie plastieksakke te koop as hulle inkopies doen nie.
Daar is baie ander wenke vir groener omgewings deur die vergroeningkennis by huise en skole toe te pas om ’n groener stad te bevorder.
Die toekomstige arbeidsmag moet toerus word met die vaardighede vir ’n regverdige energie-oorgang. Die Asez se konsultasies het getoon dat toegangspunte in skoon energie-loopbane vir jong mense beperk is, terwyl fossielbrandstofmaatskappye dikwels aantreklike aansporings bied, insluitend die dekking van onderwyskoste.
Die energiesektor sal meer betekenisvolle ondersteuning en geleenthede reg deur jongmense se loopbaantrajek moet bied – veral vir kwesbare en onderverteenwoordigde gemeenskappe soos vroue, landelike gebiede en diegene wat in afgeleë gebiede woon, of diegene sonder formele opleiding.. Vir meer inligting oor wat die organisasie doen om ’n groener ekonomie by te staan, besoek hul webwerf by www.atlantissez.com of stuur vir e-pos na info@atlantissez.co.za

