Tik met ’n straatwaarde van R30 000 is by ’n huis in Witsand gekry nadat die polisie inligting van die publiek ontvang het.Foto:


Inligting uit die Witsand-gemeenskap het tot die inhegtenisneming van vyf mense gelei.

Volgens kapt. Cyril Dicks, Atlantis-polisie se woordvoerder, het ’n inwoner van Witsand die polisie met inligting oor tik en ’n vuurwapen gebel.

Dicks sê die polisie kon danksy vinnige optrede beslag lê op ’n groot hoeveelheid tik en twee jaggewere wat by die adres in Witsand gevind is. Die dwelms het ’n straatwaarde van sowat R30 000.

Die polisie bedank die gemeenskap vir hul samewerking en moedig inwoners aan om te help om misdaad te bekamp.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article