Wat is ’n sirkulêre ekonomie?

Sirkulêre ekonomie verwys na die sistemiese ekonomiese benadering tot ontwikkeling, wat spesifiek aangepas is om maatskappye, gemeenskappe en die omgewing te bevoordeel.

Anders as die direkte model van “afval maak” is die sirkulêre ekono­mie van nature een van hergebruik, waarvan die doel is om weg te be­weeg van skaars, natuurlike hulp­bronne. Dit bring na vore die nega­tiewe impakte van ekonomiese aktiwiteite wat skade aan die mens­like welstand en die natuurlike ekostelsels bring. Dit sluit in die vrystelling van kweekhuis-gasse en gevaarlike stowwe, die besoedeling van die lug, land en water, sowel as strukturele afval soos opgehoopte verkeer. Wie maak gebruik van die sirkulêre ekonomie?

’n Sirkulêre ekonomie begunstig aktiwiteite wat bewaring in die vorm van energie, arbeid en materiale bevoordeel. Dit beteken dat die ont­werp van duursaamheid, hergebruik en herwinning aan die orde van die dag moet wees om sodoende die produkte, komponente en materiale in die ekonomie te laat sirkuleer. Sirkulêre stelsels maak doeltreffend gebruik van bio-gegronde materiale deur baie verskillende gebruike daarvoor aan te moedig as hulle tussen die ekonomie en natuurlike stelsels beweeg. Dit vermy die gebruik van nie-hernubare hulpbronne en bewaar of verbeter hernubare middele, deur byvoorbeeld om waardevolle voedingstowwe na die grond terug te bring deur hergebruik/herlewing te ondersteun, of deur hernubare energie te gebruik in plaas daarvan om op fossielbrandstowwe staat te maak. Waarom sirkulêre energie en hoe en wie kan daarby baat vind?

Die voordeel van ’n sirkulêre eko­no­­mie strek verder as net die ekono­mie en die natuurlike omgewing. Deur met die ontwerp-fase afval en besoedeling uit te skakel en sodoende produkte en materiale in hergebruik te hou, herleef dit die natuurlike stelsels en verteenwoordig dit ’n kragtige bydrae tot die bereiking van wêreldklimaatdoelwitte.

Ondernemings vind aansienlik baat by die verskuiwing van hul sake vol­gens die beginsels van die sirkulêre ekonomie. Hierdie voordeel sluit in die skepping van nuwe winsgeleent­hede en die vermindering van koste as gevolg van laer maandelikse materiaalvereistes en sterker verhoudings met kliënte.

Die sirkulêre ekonomie bevoordeel nie net ondernemings, die omgewing en die ekonomie in die algemeen nie, maar ook die individu. Van die verhoogde besteebare inkomste tot verbeterde lewensomstandighede en gepaardgaande gesondheidsimpak, is van die voordele vir individue wie se beginsels op die van sirkelvormigheid gegrond is. – Wesgro

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article