Twee jong manne van Mamre het besluit dit is die regte tyd om terug te ploeg vir oumensies van die dorp en ook om jongmense die kuns van haarsny te leer. Volgens Cleaveland Pietersen het hy en Darren Adonis, wat nou ’n geruime tyd mekaar se hare sny, besluit om oumensies wat dit nie kan bekostig nie, se hare te sny.

“Ons het toe maar besluit om so ’n klein barber shop te begin en net ’n klein fooi te vra.

“Ons het ’n ‘pop-up barber drive’ gehou waar ons pensioentrekkers se hare gratis sny. Dit is maar net die begin, want ons vergeet dat baie mense swaarkry, en as ons een las van hul skouers kan haal, beteken dit baie vir ons,” vertel die twee.

Volgens Cleaveland en Darren beplan hulle om twee of drie seuns of meisies, wat dalk ’n passie het om hare te sny, die nodige vaardighede te leer.

“Ons as mense kyk te veel na wat organisasies of politieke partye vir ons jeug moet doen, maar as jy self die verskil kan maak nie, al is dit hoe gering, maak dit tog ’n verskil.

“Die idee is dat jongmense hul eie onderneming kan begin as ons hulle die nodige opleiding kan gee en beter besluite kan maak,” sê Cleaveland.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article